In seisoen: tamaai tamaties

tmaties1

Verlede jaar hierdie tyd het was my groentetuin – of die groot plantbak wat ingestaan het vir groentetuin – propvol ryp tamaties. September die vorige jaar het ek drie klein Moneymaker-plantjies geplant, en die oes was ruim. Ek dink ons het vir drie maande lank nie ‘n enkele tamatie aangekoop nie. Hierdie jaar verloop dinge bietjie anders – ek het te laat geplant in 2014, en rondgespeel met erfenis-saadjies wat net glad nie die mas kon opkom in Woodstock se wilde klimaat nie. Die paar plante wat ek het, groei welig, maar hulle is nog jonk, en dis minstens ‘n maand nog voor ek die eerste groot, volryp rooie sal kan pluk. Gelukkig is daar geen tekort aan sonryp vrugte by die winkels en markte nie, wat beteken: gevulde tamaties vir aandete!

Ek het hierdie resep in Marie Viljoen se lieflike boek 66 Square Feet: A Delicious Life raakgelees en so effens aangepas vir my eie voorkeure.

Gevulde tamaties met bokmelkkaas

photo-2

Genoeg vir 4:

Bestanddele:
8 groot, ryp tamaties
1 bruin ui, fyngekap
3 T dennepitte
1.5 k basmati-rys
vars tiemieblare, gestroop van so 5 stingels
5 ml sout, swartpeper na smaak
1 sagte bokmelkkaas*
olyfolie

Instruksies:
1. Sny die ‘toppe’ van die tamaties af en plaas die ‘deksels’ eenkant.
2. Skep/sny die binneste vleis (en pitte) van die tamaties uit, kap die vlesige dele op en hou eenkant.
3. Braai die ui oor lae hitte in olyfolie tot deurskynend.
4. Voeg die dennepitte by en roer deur, saam met nog olyfolie indien nodig.
5. Gooi die rys by en roer deur, gevolg deur die gekapte tamatiestukke en 1.5 k water. (Jy kan die water ook ten dele vervang met groente-ekstrak, vir ‘n effens ryker maar baie geurige eindresultaat.)
6. Geur met sout, tiemieblare, en growwe swartpeper na smaak.
7. Plaas die deksel op die pan of skottel en laat die rysmengsel oor ‘n lae hitte prut tot dit sag is en al die vloeistof ingetrek het.
8. Verhit intussen die oond tot so 180 grade.
9. Skep lepels van die rysmengsel in die tamatieholtes, en bedek die tamaties met hul deksels (sodat die rys nie droogbak nie). Skep enige oorblywende rys in die bak rondom die tamaties in. Drup so 1 T olyfolie of nog groente-ekstrak oor om te keer dat die rys droog bak.
10. Bak vir so 30-35 minute tot die tamaties sag gebak is. Haal uit en verwyder die doppe, plaas nou ‘n wiggie bokmelkkaas bo-op elke tamatie, en sit terug in die oond om vir nog so 5 minute te bak tot die kaas net-net begin smelt.

Die gereg werk heerlik saam met lamstjoppies en groenboontjies … maar eintlik is dit fantasties op sy eie as ‘n lekker meat-free Monday gereg.

* Bokmelkkaas sit nie in almal se smaak nie, dit is effens aan die wilde kant – die resep sal ook werk met iets vriendeliker soos mozzarella.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s