In seisoen: pikante kersies

Kersies - nou in seisoen
Kersies – nou in seisoen

Dit het eintlik alles begin by amandels. Vir die afgelope paar maande word daar in hierdie huis nie melk gedrink nie (om komplekse mediese redes, kom ons sê maar net: maagpyn). So ek moes ‘n ander plan begin maak wat betref ontbyt – want hoe nou met pap en dies meer? Toe ontdek ek die wonder van amandelmelk, spesifiek dié wat jy self maak – geweekte amandels in ‘n voedselmenger saam met water fyngemaal en dan deur ‘n sif gegooi. Die gevolglike vloeistof, die amandelmelk, is heerlik oor hawermoutpap (enige pap, eintlik). Maar die fyngemaalde amandels wat oorbly… ek kon nog nie ‘n nut daarvoor kry nie. Tot die besef onlangs deurgedring het dat mens mos daarmee kan bak.

En natuurlik is kersies in seisoen op die oomblik.

Dit het ‘n rukkie gevat om die regte resep vir ‘n lekker kersietert te kry want ek was nie lus vir iets met ‘n kors nie – die lewe is te kort, voel ek, om self korsdeeg te maak. Hierdie is ‘n resep vir ‘n korslose peer-en-amandeltert wat ek via The Pretty Blog opgespoor het, wat dit weer van Donna Hay aangepas het, en wat ek weer eens aangepas het vir kersies. Ek was lus vir iets soos die gewilde Franse clafoutis-nagereg, maar stewiger, en met die vriendelike geure van kersies, amandels en suurlemoen wat meng en salig deur die huis dryf …

Bestanddele:
200 g ryp kersies
135 g gesoute botter (kamertemperatuur)
135 g bruinsuiker
3 eiers
150 g amandelmeel
70 g koekmeelblom (so halwe koppie)
1 t fyngerasperde suurlemoenskil
2.5 ml bakpoeier
mascarpone, om voor te sit

Instruksies:
1. Room die botter en die suiker saam.
2. Roer al die ander bestanddele (behalwe die kersies en die mascarpone) saam tot net gemeng.
3. Smeer ‘n tertbak van so 23 cm in deursnee uit met botter.
4. Gooi die deegmengsel in en druk nou die kersies (gewas, stingels verwyder en ontpit) liggies in die oppervlak in.
5. Strooi met sowat 3 t bruinsuiker en bak teen 160 C vir 40 minute of tot die deeg mooi ferm is.
6. Verwyder uit die oond, laat net so effens afkoel en sit dan voor met ‘n skep mascarpone of geklopte room.

Kersie-en-amandeltert. Yum.
Kersie-en-amandeltert. Yum.

Heerlik saam met goeie, swart koffie.
Noudat ek daaraan dink, ek sien geen rede om dit nie vir ontbyt te eet nie! (Dis nou as daar teen môreoggend nog oorbly …)

photo[5]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s