In seisoen: bruin uie

Nie gedink ek sal ooit wil skryf oor bruinuie nie – dis so alledaags, en word tog meestal gebruik as geurmiddel. Maar onlangs het ek bietjie by die Oranjezicht City Farm gaan kuier, waar die Texas Grano bruinuie tans geoes word. Dié ui, gekweek van erfenissaad (heirloom seeds), maak die pragtigste wit blomtoppe – waaruit die saad dan weer mettertyd geoes word.

Bruinui in blom
Bruinui in blom

‘n Gesprek met een van die vrywillige tuiniers by dié indrukwekkende groentetuin het laat blyk dat die Texas Grano ui soet en baie matig is – wat dit perfek maak om vars in slaaie te gebruik. Met dít in gedagte, en met die idee om terselfdertyd van die pietersielie wat bos gaan in my tuin op te gebruik, het ek ‘n resep van Saveur vir ‘n uie-en-pietersielie slaai aangepas.

Slaai van uie en pietersielie op geroosterde brood
Slaai van uie en pietersielie op geroosterde brood

Bestanddele:
2 T gekapte ment
groot handvol platblaar pieterselie
1 groot bruin ui, in dun lengtes gesny
sout en vars swartpeper, na smaak
¼ k olyfolie
2 T vars suurlemoensap
½ t fyngerasperde suurlemoenskil
2 T kappertjiesade, afgespoel

Instruksies:
1. Meng die uie met die ment, sout en peper en laat eenkant staan vir so 8-10 minute tot die uie effens sag begin word.
2. Verwyder die pietersielieblare van hul stingels.
3. Meng die olyfolie met die suurlemoensap en roer die suurlemoenskil by.
4. Meng al die bestanddele saam in ‘n bak en sit voor. Dis heerlik op geroosterde brood (ciabatta werk goed), maar as jy verkies om koring te vermy, kan mens ook ‘n ryp tamatie bysny om dit bietjie meer volume te gee.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s